Vry

Obed Studios

  • Ticket Price: R40.00
  • Duration: 1hr 15mins
  • Age Recommendation: PG
  • Genre: Theatre
  • Language: Afrikaans

Vry! is ‘n hartroerende toneelstuk oor liefde, geloof en vryheid en is deur die bekende Port Elizabethse dramaturg en akteur, Danie Matthee geskryf. Die storie speel af teen die agtergrond van die Tweede Wêreldoorlog en vertel die verhaal van ‘n skaam student wat skynbaar onmoontlike struikelblokke moet oorkom om liefde en uiteindelik vryheid te vind. Die Burger noem dit: “Aangrypend! Weer is Matthee se vermoë om ‘n afgeronde verhaal te vertel, indrukwekkend.”

R40.00 - Buy Ticket

Please note: vFringe shows are
not included in vNAF Passes.
Support the artists by buying a ticket.

PRODUCTION CREDITS

Geskryf en opgevoer deur Danie Matthee

Regie: Danie Matthee en Anelle Zondagh

Beligting: Kaya Voko

Klank: Lazola Sigenu Dekor en props: Anelle Zondagh

Video produksie: Adhoc Productions

ABOUT THE ARTISTS

Danie speel al van kleins af toneel. Sy eerste hoofrol was die titelrol in André P. Brink se ‘Bobaas van die Boendoe’. Benewens toneelspeel en regie, is Danie ook lief vir skryf. Hy skryf sy eerste toneelstuk in st.2 nadat ‘n radioteater stuk van P.G. Du Plessis hom geïnspireer het. Sedertdien het hy nege musiekspeles, vier komedies, agt dramas, talle kinderproduksies en ook ‘n handvol episodes vir TV reekse geskryf. Kyk gerus uit vir ‘Kniediep in die Warmwater’ wat van 8 Augustus 2020 op SABC 2 te sien is. Danie studeer aan die Nelson Mandela Universiteit en die Universiteite van Pretoria en het al talle toekennings vir sy werk ontvang waaronder opname in die Showtime Awards se Hall of Fame asook ‘n Afrikoon van die ATKV.